Sokker: Crystal Palace wen FA CupMay 18, 2025
Crystal Palace het Manchester City Saterdag in die FA Cup-eindstryd met 1-0 geklop en die eerste groot trofee in hul 164-jarige bestaan te wen danksy ‘n doel van Eberechi Eze. Die klub het sodoende gekwalifiseer vir volgende jaar se Europa League. Afrigter Oliver Glasner het 15 maande gelede by Palace aangesluit. Hy is die eerste Oostenrykse afrigter wat die FA Cup wen.