Korridor strategies vir Namibië, ZambiëMay 18, 2025
Die ontwikkelingskorridor tussen Walvisbaai, Ndola en Lubumbashi is van strategiese belang vir Namibië en Zambië en enige bottelnekke moet verhoed word, sê die leiers van dié twee lande. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die afgelope week haar Zambiese eweknie president Hakainde Hichilema besoek. Die staatshoofde meen praktiese stappe is nodig om ou infrastruktuur by grensposte te verbeter of te vervang. Tegnologie gaan ingespan word om grensposte 24 uur daagliks oop te hou.