Shawshank-ontsnapping uit New Orleanse tronkMay 17, 2025

Tien mans het Vrydagaand deur ‘n gat agter ‘n toilet in ‘n sel ontsnap en oor ‘n muur van ‘n tronk in New Orleans geklim – net soos in die trefferfliek, The Shawshank Redemption. Drie is gevang, maar die res, onder wie veroordeelde moordenaars, is steeds op vrye voet. Die polisie vermoed hulle is deur tronkbeamptes gehelp. Sewe ure het verloop alvorens die tronkbewaarders van die ontsnapping bewus geword het.