Haaie wen net-net in SkotlandMay 17, 2025
Die Haaie het Vrydagaand ‘n 18-17 oorwinning oor Edinburg behaal in ‘n opwindende VRK-botsing in die Skotse hoofstad. Edinburg was 17-13 voor toe Springbok-vleuel Makazole Mapimpi in die laaste minute van die wedstryd ‘n drie gedruk het om ‘n oorwinning te verseker. Net voor die eindfluitjie het Edinburg se plaasvervanger-heelagter Jack Brown probeer om ‘n drie aan te teken, maar is briljant gekeer deur regtervleuel Ethan Hooker en Mapimpi.