NaTIS stuur net elektronies hernuwingsbrieweMay 16, 2025

Die Padowerheid het aangekondig dat elektroniese kennisgewings vir alle lisensieskyf- en bestuurslisensiehernuwings ingestel is. Hernuwingskennisgewings sal dus nie meer deur NamPost gestuur word nie. Motoriste sal in stede daarvan die kennisgewings via digitale platforms ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hileni Fillemon, die Padowerheid se woordvoerder, wat meer inligting gee.