Swavet-stalletjie bedrywig by Nampo OesdagMay 15, 2025

Die 2025 Nampo Oesdag buite Bothaville in Suid-Afrika stel nooit teleur nie, en vanjaar is geen uitsondering nie. Pieter Moller, wat vir Kosmos 94.1 Nuus by die fees is, het gesels met Fritz Rexrodt, die uitvoerende bestuurshoof van Swavet (Swawet), wat se stalletjie besonder bedrywig is.