Ngonga-leeus is terug, MEFT monitor, sal weer verskuifMay 15, 2025

Die omgewingsministerie sê hy monitor die situasie met ‘n trop leeus in die Ngonga-gebied in Kongola-kiesafdeling teen die Kwando-rivier in Zambezi. Ses leeus, twee wyfies en vier welpies is op 9 Mei suksesvol verwyder en die ministerie het ook sogenaamde roofdier-bestande krale geskep met skadunet om en een van die wyfies het ‘n nekband gekry. Die trop het twee dae gelede teruggekeer na die gebied en die ministerie sê hy loods ‘n nuwe verskuiwing operasie om die trop dieper in die Bwabwata Nasionale Park, by Omega 3 te hervestig. Die leeus, eers nege, teister die gebied sedert vroeg in April.