MK eis (weer) leefstylouditsMay 15, 2025

Die MK-party sê hy neem kennis van die onlangse inhegtenisneming van die Baaise prokureur en waarnemende regter, Siphokazi Cubungu, op ernstige aanklagte van bedrog en korrupsie. Die party se woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, sê die voorval versterk hulle oproep dat leefstyloudits uitgevoer en alle lede van die regbank se bates verklaar word. Hy sê hulle bly verbind om integriteit, aanspreeklikheid en geregtigheid op alle vlakke van die regering en die samelewing te bevorder: