Jannik Sinner kuier by pous LeoMay 15, 2025
Die Italiaanse tennisster Jannik Sinner het gestraal toe hy die nuutverkose pous Leo in die Vatikaan ontmoet het. Die wêreld nommer een het die pous, self ‘n ywerige tennisspeler, ‘n tennisraket gegee nadat hy saam met sy ouers en ‘n afvaardiging van die Italiaanse tennisfederasie na die Vatikaan genooi is. Die pous het egter ‘n voorstel van die hand gewys om ‘n paar houe met die driemalige Grand Slam-wenner in te kry, en terwyl hy na die ligte teen die plafon gekyk het onder gelag gesê, “Eerder nie”. Sinner het later aan joernaliste gesê hy dink dis goed vir tennisspelers dat daar ‘n pous is wat van hulle sport hou.