WHS sê skoolhoof-petalje raak nie werksaamhedeMay 14, 2025

Windhoek Hoërskool het ‘n verklaring uitgereik na berigte in die media oor sy skoolhoof-kiesproses. Die skool bevestig dat die skoolraad regstappe teen die onderwysministerie ingestel het, nadat dit prosedurele kommer oor die onlangse aanstellingsproses geopper het. Die raad se benadering is gelei deur sy bestuurspligte ingevolge die Wet op Basiese Onderwys. Die skool sê dit bly ten volle operasioneel, met alle akademiese, leierskap- en buitemuurse programme wat ononderbroke voortduur onder leiding van die waarnemende skoolhoof en die WHS-span.