Kernkrag ‘op die tafel as basislading-kragstasie’May 14, 2025
Kernkrag bly steeds in fokus, veral nadat president Netumbo Nandi-Ndaitwah dit ‘n prioriteit gemaak het om vas te stel of ‘n kernkragsentrale gebou kan word. Die Elektrisiteitsbeheerraad het lankal bepaal dat ‘n basislading-kragstasie benodig word om afhanklikheid van elektrisiteitsinvoere te verminder. Kernkrag is volgens die raad se uitvoerende hoof, Robert Kahimise, op die tafel daarvoor.