Teenkorrupsie-kommissie slaan toe op KatimaMay 14, 2025

‘n Voormalige werknemer van die Katima Mulilo dorpsraad sal in die hof verskyn op ‘n verskeidenheid bedrogklagte, volgens die Teenkorrupsie-kommissie. Die verdagte is in die dorp in hegtenis geneem. Die kommissie se woordvoerder, Josefina Nghituwamata, sê in ‘n verklaring die verdagte sal aangekla word onder die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad asook die Teenkorrupsie-kommissiewet. Sy moedig die publiek aan om die kommissie se mandaat om korrupsie op alle vlakke uit te roei, te ondersteun.