Gesondheidministerie soek privaatsektor-vennoteMay 13, 2025
Die gesondheidministerie sal die privaatsektor nader om vennootskappe te vorm in die opgradering van alle klinieke regoor die land na gesondheidsorgfasiliteite, het gesondheidminister Esperance Luvindao onthul. Namibië het ongeveer 322 klinieke en 56 gesondheidsorgsentrums. Luvindao sê sy het reeds verskeie maatskappye hieroor genader, veral omdat sy na haar aanstelling navrae gekry het oor vennootskappe. Terwyl 780 miljoen Namibiese dollar in die huidige finansiële jaar en 2,7 miljard dollar oor die mediumtermyn uitgaweraamwerk toegeken is om gesondheidsinfrastrukture uit te brei, is dit volgens haar nie genoeg nie en hulle moet kreatief word. Die ministerie se hoof van primêre gesondheidsorg is besig met ‘n lys van die behoeftes van alle klinieke in die land, wat met maatskappye gedeel sal word.