Vermeende hondeslagters verskyn weer May 12, 2025

Die saak van die vier hondeslagters sal weer vandag op Swakopmund voorkom na hulle op 18 Maart verskyn het. Die vier, Seth Skrywer, Lourens Nanub en Mariando Bloedstaan, word saam met ‘n 12-jarige daarvan aangekla dat hulle op 1 Februarie ‘n Rottweiler, Ragnar gesteel en geslag het en aan ‘n kapanahandelaar verkoop het. Die hof sal na verwagting die verslag van ‘n maatskaplike werker ontvang wat met die 12-jarige seun ontmoet het. Al drie mans is op 4 Februarie borg van 3 000 Namibiese dollar toegestaan en die seun is onder sy ouers se toesig vrygelaat.