NamPower ondersteun kernkragaanlegMay 12, 2025

Die besturende direkteur van NamPower, Simson Haulofu, sê die nasionale kragverskaffer ondersteun die ontwikkeling van ‘n kernkragsentrale in Namibië en is gereed om tegniese insette te lewer. Dit volg op ‘n onlangse oproep deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah vir kollektiewe pogings om ‘n kernkragsentrale te vestig om ekonomiese groei te bevorder. Namibia Mining and Energy berig dat hy sê hoewel die idee van ‘n kernkragsentrale in Namibië nie nuut is nie, moet daar nog aansienlike voorbereidingswerk gedoen word – veral in die ontwikkeling van toepaslike wetgewing en regulasies vir kernenergie. Haulofu sê NamPower het verskeie globale kerntegnologieë geïdentifiseer wat goed met Namibië se bestaande netwerkinfrastruktuur sal integreer.