Valke-ondersoek bloot intimidasie, sê AfriForumMay 11, 2025
Die Valke se voortgesette ondersoek na klagte van hoogverraad teen AfriForum is niks anders nie as ‘n poging tot intimidasie, sê die organisasie. Die Valke se nasionale hoof het Donderdag gesê die eenheid is steeds besig met hul ondersoek ná klagte in Februarie aanhangig gemaak is. Volgens Kallie Kriel, AfriForum se uitvoerende hoof, is pogings soos dié daarop gemik om alternatiewe stemme stil te maak en moet dit met mening teengestaan word.