SA-aflosspanne blitsig in ChinaMay 11, 2025
Suid-Afrikaanse aflosspanne het ‘n goeie dag gehad by die Wêreld-afloskampioenskappe in Guangzhou, China, met vier Suid-Afrikaanse spanne wat vir vandag se eindrondes gekwalifiseer het. Danksy ‘n foutlose vertoning van spoed en tegniek het die 4-by-100-meter-atlete Bayanda Walaza, Sinesipho Dambile, Bradley Nkoana en Akani Simbine die wêreld se beste tyd vanjaar van 37.84 sekondes aangeteken en as die vinnigste kwalifiseerders na die eindronde deurgedring. Die mans se 4-by-400-meter-span is ook gunstelinge nadat hulle die vinnigste tyd van die jaar opgestel het. Die vroue- en die gemengde 4-by-400-meter-spanne het ook gekwalifiseer.