Pakistan op oorlogspad in IndiëMay 10, 2025

Pakistan het vanoggend vroeg ‘n militêre operasie teen Indië begin en verskeie basisse geteiken in die ergste skermutseling in byna drie dekades. Dit volg ná Indië vroeër missiele op drie lugmagbasisse in Pakistan afgevuur het, een daarvan naby aan die hoofstad Islamabad. Pakistan kon die meeste hiervan onderskep. ‘n Voortslepende geskil oor Kashmir het Woensdag opnuut opgevlam en die twee lande loods sedertdien daagliks aanvalle op mekaar.