Baba-Bokke in opdraandestryd teen Baby BlacksMay 10, 2025
Suid-Afrika se kanse is skraal om die Onder-20 Rugbykampioenskap te wen. Hulle speel vandag in Gqeberha teen Nieu-Seeland in die laaste ronde en het minstens ’n bonuspunt-oorwinning nodig, terwyl hulle ook moet hoop dat Argentinië vir Australië klop. Die Baba-Bokke het hul eerste wedstryd teen die jong Pumas gewen, maar daarna ’n voorsprong van 17 punte teen die jong Wallabies verspil en 29-24 verloor. Argentinië sal moet herstel ná Dinsdag se vernederende nederlaag van 75-21 teen die Baby Blacks.