Nampol konfiskeer N$2,7 miljoen se dwelmsMay 10, 2025
Die polisie het in April vanjaar op dwelms ter waarde van bykans 2,7 miljoen Namibiese dollar beslag gelê en 203 verdagtes in hegtenis geneem. Bykans 2,6 miljoen dollar hiervan was dagga waarop beslag gelê is. Die res van beslagleggings het bestaan uit 747 Mandrax-tablette, 51 gram kokaïen en 43 eenhede crack-kokaïen. Altesaam 192 Namibiërs is in hegtenis geneem. Die res was almal uit Afrika afkomstig.