Mexiko sleep Google hof toe ‘Golf van Amerika’May 10, 2025

Mexiko het Google hof toe gesleep omdat dié kuberreus herhaalde versoeke ignoreer om nie na die Golf van Mexiko as die Golf van Amerika op Google Maps vir Amerikaanse gebruikers te verwys nie, sê president Claudia Sheinbaum. Sy het nie gesê waar die regsgeding aanhangig gemaak is nie. Donderdag het die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, oorheers deur Republikeine, teen gunste van die amptelike herbenaming van die golf gestem. President Donald Trump het in Januarie ‘n uitvoerende bevel in dié verband op sy eerste dag in die Withuis onderteken.