Bokke gooi gewig agter Bulle teen CardiffMay 10, 2025
Die Springbokke Willie le Roux, Cameron Hanekom en Marcell Coetzee is ingesluit in die Bulle se opdraf-span vir vanaand se wedstryd teen Cardiff op Loftus in die voorlaaste ronde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Hanekom keer terug ná ’n besering, terwyl Le Roux en Coetzee in die vorige wedstryd teen die verdedigende kampioen, Glasgow, in Skotland op die bank was. Die Bulle is tans derde op die punteleer na Leinster en Glasgow, en het reeds vir die uitspeelrondes gekwalifiseer. Cardiff is vyfde na die Haaie.