Krieket: Spelers, personeel gee pad uit IndiëMay 10, 2025

Spelers en ondersteuningpersoneel het begin om Indië te verlaat ná Vrydag se aankondiging dat die Indiese Premierliga vir ’n week opgeskort is. Dis gedoen terwyl die konflik vererger op die grens met Pakistan. Indië se beheerliggaam, die BCCI, sê alle belanghebbendes het eenparig saamgestem dis nie gepas om die IPL in die huidige omstandighede voort te sit nie. Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Krieketspelersvereniging, Andrew Breetzke, sê ook hulle kommunikeer regstreeks met die Suid-Afrikaanse spelers in die IPL en het hulle al die nodige ondersteuning aangebied.