Nandi-Ndaitwah sien uit om met nuwe pous saam te werkMay 10, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het pous Leo XIV se beroep vir vrede, verdraagsaamheid en toewyding verwelkom om brûe tussen nasies en die Katolieke geloof te bou. Nandi-Ndaitwah het die nuwe pous geluk gewens met sy verkiesing as hoof van die kerk Donderdag. Sy sê sy sien uit daarna om saam met pous Leo te werk om hul gemeeskaplike waardes vir ‘n vreedsame en regverdige mensdom te bevorder.