Haaie klop Ospreys 29-10May 10, 2025

Die Haaie se oorwinning van 29-10 oor die Ospreys in hul voorlaaste wedstryd in die Verenigde Rugbykampioenskap op Kingspark het hulle minstens onder die boonste vier geplaas en hul eerste tuis-kwarteindstryd ooit in die reeks verseker. Die sege is egter oorskadu deur die kniebesering waarmee Eben Etzebeth in die eerste helfte die veld verlaat het. Dit is nie net vir die Haaie-afrigter, John Plumtree, kommerwekkend nie, maar ook vir Rassie Erasmus en die Springbokke. Die Haaie se laaste wedstryd vóór die uitspeelrondes is volgende naweek teen die Scarlets in Durban.