Macron dreig Rusland, Oekraïne met sanksiesMay 10, 2025

President Emmanuel Macron van Frankryk het Vrydag versoek dat ‘n Amerikaans-Europese plan opgestel word vir ‘n skietstilstand van 30 dae tussen Rusland en Oekraïne wat deur “massiewe sanksies” ondersteun sal word. “My wens … is as ons sê een van die partye verbeek die skietstilstand, daar massiewe ekonomiese sanksies sal wees,” het Macron aan ‘n Poolse televisiekanaal gesê. Daar moet meer beslis opgetree word sodat “ons baie meer afskrikkend, verenig as Europeërs en Amerikaners” kan wees, het hy gesê.