LPO vergader met skaapprodusente oor studie vir internasionale markteMay 9, 2025

Die Lewendehawe Produsente Organisasie beplan twee streekvergaderings om lede in te lig oor die vordering van ’n studie wat daarop gemik is om Namibiese skaapboere se betrokkenheid in die internasionale uitvoerwaardeketting vir lamsvleis te versterk. Namibië se skaapbedryf, wat tradisioneel staatmaak op die uitvoer van lewende skape na Suid-Afrika, poog om sy markte te diversifiseer. Tydens ’n LPO-streekkongres in Oktober 2024, is die organisasie deur sy lede beopdrag om ’n besigheidsplan te ontwikkel vir skaapboere om verder betrokke te raak by die internasionale uitvoerwaardeketting vir lamsvleis. Mariental-lede sal om 11-uur op 19 Mei vergader en Keetmanshoop se boere kry op 20 Mei ‘n beurt.