Okabra Brahman- en Simentaler-dag het iets vir almalMay 8, 2025
Die Okabra Brahman- en Simentaler-dag vind Saterdag op plaas Okamutombe in Grootfontein plaas. Groot landbou maatskappye soos Agra en Voermeester is die borge. Die plaaslike ekonoom Dr. John Steytler gaan praat oor volhoubare boerdery, en daar sal ook praatjies wees oor tegnologie in boerdery. Die kaartjies is amper uitverkoop en geen kaartjies sal by die hek beskikbaar wees nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sonja Schneider, een van die organiseerders, wat meer inligting gee.