Rusland by sokker-wêreldbeker kan help met Oekraïne-oorlog: TrumpMay 8, 2025
Sokker: Die Amerikaanse president, Donald Trump, is ten gunste van Rusland se deelname aan volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Noord-Amerika, en glo dit kan ’n aansporing wees om die oorlog met Oekraïne te beëindig. Trump het tydens ’n vergadering van sy administrasie se taakspan vir die toernooi langs Fifa se president, Gianni Infantino, gesit en was verbaas toe Infantino hom inlig dat Rusland uit internasionale kompetisies verban is nadat die oorlog in Februarie 2023 uitgebreek het. Infantino hoop vrede sal betyds bereik word sodat Rusland weer toegelaat kan word.