NTB sal Namibië in Asië, Midde-Ooste bemarkMay 8, 2025

Die nuwe toerisme-minister, Indileni Daniel, sê Namibië sal homself aggressief begin bemark as ‘n voorkeur-toeristebestemming in Asië, die Midde-Ooste, veral in die Verenigde Arabiese Emirate, en Noord-Amerika as deel van pogings om sy toerismemarkte te diversifiseer. Die groter meerderheid besoekers aan die land is afkomstig van Europa met Duitsland die hoofbron. Daniel sê die Namibiese Toerismeraad sal hierdie inisiatief lei ten spyte van voortdurende fiskale beperkings.