SA-ekonomie sal geknou word deur tariewe, politieke onbestendigheidMay 8, 2025
Die Buro vir Ekonomiese Navorsing sê Suid-Afrika se ekonomie sal waarskynlik teen ‘n aansienlik stadiger tempo groei as wat voorheen verwag is. Dit is die gevolg van binnelandse politieke onbestendigheid en die Amerikaanse president, Donald Trump, se tariefoorlog. Die buro het sy ekonomiese groeivooruitsigte vir die land tot slegs 1,5-persent verlaag, van twee-persent wat voorheen verwag is. Die buro se hoof-ekonoom, Lisette IJssel de Schepper, sê terwyl spanning in die regering van nasionale eenheid voortduur, is hulle bekommerd of dit doeltreffend kan funksioneer.