GRN se beplanning oor Epangelo-aandele laat meer ruimte vir korrupsieMay 8, 2025

In die Swapo manifes implementeringsplan vir 2025 beplan die regering om groter eienaarskap van myne en eksplorasie in die land te verkry. Die manifes sê Swapo het ten doel gestel om te verseker dat minimum 50 persent van alle nuwe eksplorasie lisensies aan Epangelo Mining, die regering se mynmaatskappy, toegestaan word. Kosmos 94.1 Nuus het met die bestuursdeskundige, professor Johan Coetzee, gepraat oor sy reaksie hierop.