Tweede vegvliegtuig val van Amerikaanse vliegdekskip afMay 7, 2025
‘n Multimiljoen-dollar Amerikaanse vegvliegtuig het misluk om op die vliegdekskip Harry S. Trumante land en het in die Rooi See neergestort. Dit is die tweede vliegtuig wat in net meer as ‘n week van hierdie skip verlore gegaan het. Die tweesitplek F/A-18F Super Hornet-vegvliegtuig, wat sowat 1,2-miljard Namibiese dollar kos, het oorboord geval nadat dit nie tydens die landing gevang was nie. ’n Verdedigingsbeampte het aan die Amerikaanse Vlootinstituut gesê dat die haak van die vliegtuig nie met die remdraad op die vliegdekskip kontak gemaak het nie.