Pant moet begin uithaal en wys in IPLMay 7, 2025

Krieket: Die druk neem toe op Rishabh Pant, vir wie Lucknow Super Giants ‘n rekord-bedrag van 59-miljoen Namibiese dollar betaal het in die Indiese Premierliga. Die span het dringend nodig dat sy kaptein sy briljante kolfvertoning herwin sodat hulle nog die uitspeelrondes kan haal. Die paaltjiewagter kon in die eerste tien wedstryde slegs 128 lopies aangeteken. Die 27-jarige het ‘n reputasie as ’n aggressiewe linkshandige kolwer wat teenstanders se boulwerk kan vernietig, maar het net een keer vanjaar ‘n noemenswaardige telling behaal – 63 teen Chennai Super Kings op 14 April.