Groot aanbod by wildsveiling May 7, 2025

Die Namibia Stud Game Breeders-veiling vind plaas op Saterdag, 10 Mei om 18:00 by die Nedbank Sky Garden in Windhoek. ‘n Wye verskeidenheid wild sal aangebied word, insluitend teel- en jagbulle, verse en koeie van spesies soos swartwitpens, goue wildebeeste, swart en witflank springbokke, rooibokke, roan, lechwe, nyala, kameelperde, elande, rooihartbeeste, blesbokke, en zebrafamilies. Hoogtepunte sluit in ’n renosterkoei met kalf, ’n 51’ swartwitpensbul en ’n 50’+ koedoe-bul. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Paul Klein van Agra Auctions, wat ons meer vertel.