Damme, veral in die suide, vertoon baie goedMay 7, 2025

Bronne vir die sentrale gebied lyk uiters goed en staan op 86,2 persent. NamWater se jongste dambulletin sê Swakoppoort is 99 persent vol, Von Bach, 81,3 en Omatako, 72,8 persent. Die ooste vertoon effe beter as verlede jaar op 37 persent. Otjivero is 44,1 persent vol en die slikdam het amper 30 persent water. Die Daan en Tilda Viljoendamme is op 59,9 en 17,7 persent. In die suide het Hardap 76 persent water, Neckartal 100 persent en Naute 102,5 persent. Oanob by Rehoboth is 76,5 persent vol.