Daling in besettingsyfers wek kommer by toerismeMay 7, 2025
Namibia se gasvryheidssektor het ‘n voortgesette inkrimping in die eerste drie maande van die jaar ervaar, met noemenswaardige dalings in beide kamer- en bedbesettingsyfers in alle streke, volgens die Namibiese Statistiekagentskap. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging.
Daar word gehoop dat die piekseisoen wat van Julie tot September duur, nie geraak sal word nie.