Winsgewendheid daal in beesvleisbedryfMay 6, 2025

Volgens kenners staar Suid-Afrika se beesvleisbedryf ernstige uitdagings in die gesig. In Limpopo verkoop boere hul stoetdiere, pryse bly laag en insetkoste styg. Landbou-ekonoom professor Johan Willemse deel insigte oor waarom winsgewendheid in die vleisbedryf vinnig besig is om te verdwyn. Volgens Willemse moet boere begin uitvoer.

Daar is tans ‘n wanbalans tussen gebruiker en dit wat boere produseer.