Piastri wen in MiamiMay 5, 2025

Oscar Piastri van McLaren het van die vierde wegspringplek daarin geslaag om die Miami Grand Prix te wen, sy derde agtereenvolgende oorwinning. Die Australiër se spanmaat, Lando Norris, het van ‘n sesde plek herstel na ‘n voorval met Max Verstappen van Red Bull in die eerste ronde, om tweede te eindig. George Russell van Mercedes was derde. Verstappen het vierde oor die wenstreep gejaag, voor Alex Albon van die Williams-span. Piastri, wat sy bestuurderskampioenskap-voorsprong teen Norris met 16 punte vergroot het, sê hy kan steedse verbeter: