Beraders ontplooi by Okahandja-skoleMay 5, 2025

Die streeksdirekteur vir onderwys in Otjozondjupa, Gerhard Ndafenongo, sê sielkundiges en maatskaplike werkers is van môre tot Donderdag by die Vyfrandkamp-, Nau-Aib- en Okahandja-laerskole, sowel as die KW von Marees Gekombineerde Skool en Eagles Christian Academy ontplooi om leerders by te staan na die onlangse moorde op die dorp. Die spesialiste sal vanaf twee-uur beskikbaar wees vir berading. Die dorp se ander skole sal volgende week 12 tot 15 Mei bedien word. Daar is ook ‘n ‘Bikers Against Violence’ geleentheid tussen tien en 12 vanoggend op die dorp.