Maatskaplike probleme ry ErongoMay 4, 2025

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het in die jaar tot einde Maart 2025 meer as 10 400 maatskaplike gevalle in Erongo hanteer, waarvan elf persent met geslagsgebaseerde geweld te doen gehad het. Volgens die goewerneur van dié streek, Neville Andre, is meer data nodig om ‘n geheelbeeld van die kwessie in Erongo te kry. Hy het ‘n beroep op gemeenskappe gedoen om hul eie navorsing te doen om die wortel van die kwaad te identifiseer.