NamPol ondersoek brandstigting by Walvis-skoolMay 3, 2025
Die polisie op Walvisbaai ondersoek ‘n saak van brandstigting na ‘n brand by die Flamingo laerskool. Die mag sê die skool het reeds ‘n maand lank, na die swaar reën geen elektrisiteit nie. Die brand het die snoepie vernietig, wat heeltemal uitgebrand het. Twee klaskamers en sommige vensters van klaskamers is ook beskadig, sowel as geslotekringkameras. ‘n Ondersoek het vasgestel dat die kameras gevandaliseer is. Die omvang van die skade is nog nie bepaal nie.