Gru-ongeluk: NamPol arresteer Jetta bestuurder vir dronkbestuurMay 3, 2025

Die Erongo-polisie sê die bestuurder van die Jetta, wat van voor teen die voertuig van twee bekende evangeliste, Linda en Eddie van der Merwe op 1 Mei gebots het tussen Karibib en Okahandja is agter tralies na hy positief vir drank getoets is. Hy is reeds ontslaan en is in aanhouding in Karibib waar hy Dinsdag in die hof op ‘n klag van dronkbestuur sal verskyn. Vyf mense, insluitend ‘n baba van ses maande,  is in die gru-ongeluk dood en die Van der Merwes se voertuig het aan die brand geslaan.