Joslin se ouma wil weet waar sy isMay 3, 2025
Joslin Smith se ouma aan vaderskant, Rita Yon, het die skuldigbevinding deur die Wes-Kaapse Hooggeregshof in Saldanhabaai verwelkom. Regter Nathan Erasmus het die sewejarige kind se ma, Kelly Smith, saam met Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn, skuldig bevind aan ontvoering en mensehandel. Die hof het beslis dat die trio Joslin gebruik het om mee handel te dryf. Yon het egter gesê sy bly diep bekommerd dat niemand weet waar Joslin is nie: