Teenkorrupsie-kommissie teiken Walvisbaai firmaMay 2, 2025

Die Teenkorrupsie-kommissie het beslag gelê op bates ter waarde van na raming byna 2 miljoen Namibiese dollar, wat vermoedelik op korrupte wyse verkry is deur ‘n maatskappy op Walvisbaai. Die maatskappy het ‘n tender van die Padowerheid gekry om ‘n weegbrug te bou. Daar word beweer dat die maatskappy die fondse wat aan hulle toegeken is, misbruik het. Dit is ‘n ontwikkelende storie.