Steenhuisen sê regering moet struikelblokke vir werkskepping verwyderMay 2, 2025
Die DA-leier John Steenhuisen sê daar is vandag hoop vir werkskepping en ekonomiese groei in Suid-Afrika omdat die land se rigting en pad in verlede jaar se verkiesing verander het. Werkloosheid onder die land se jeug staan op 44,6-persent teenoor 43,2-persent in die vorige kwartaal. Steenhuisen sê die regering moet die struikelblokke verwyder wat tussen groei, regverdigheid en geleenthede staan omdat baie talentvolle Suid-Afrikaners teruggehou word deur ʼn nalatenskap van uitgediende rasgebaseerde beleid: