VSA se teenwoordigheid in Oekraïne sal sekere rolspelers uithouMay 2, 2025
Die ooreenkoms tussen die Oekraïne en die VSA wat die Verenigde State voorkeurtoegang tot nuwe Oekraïnse mineraalooreenkomste en beleggings in die heropbou van Oekraïne gee, bly in die nuus. Daar is kritiek omdat die ooreenkoms geen sekuriteitswaarborge in die land bied nie maar, volgens Amerikaanse president Donald Trump sal Amerika se teenwoordigheid in die land, sekere rolspelers uithou.