Polisie-ondersoek oor sewe-sitplek voertuig en kinders by skole kom tot nulMay 2, 2025

Die Namibiese polisie sê hy het alle leidrade in verband met die sewe sitplek taxi en die vermoedelike poging tot ontvoering van ‘n leerder by die Moses Garoëb-skool in die hoofstad vroeër die week opgevolg. Daar is geen inligting nie. Die woordvoerder van die mag, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi het weer die publiek gemaan om eerder klagtes by die polisie aan te meld as om sake om sosiale media te deel.