Bekende evangeliste sterf in botsingMay 2, 2025
Die twee bekende evangeliste, Linda en Eddie van der Merwe is saam met Fritz Brandt dood na die gru-ongeluk van voor Donderdagmiddag tussen Okahandja en Karibib. Hulle Nissan Sani het gebots met ‘n Jetta en het aan die brand geslaan. Daar was vyf insittendes in die Jetta en een volwassene, Naftalie Brukeni en ‘n ses-maande oue baba is dood. Drank is in daardie voertuig gevind en die polisie ondersoek ‘n saak van dronkbestuur. Die drie oorlewendes, insluitend die bestuurder, is in ernstige maar stabiele toestand in die Usakos-staatshospitaal opgeneem.