Nog geen beweging op Toegang tot InligtingswetMay 2, 2025
Wêreldpersvryheidsdag word môre herdenk, en Kosmos 94.1 Nuus het met Frederico Links van die Toegang tot Inligtings-aksiekoalisie in Namibië gepraat. Hy sê dit is kommerwekkend dat die president nog nie ‘n verklaring oor die Wet op Toegang tot Inligting gelewer het nie.
In 2024 was die jongste opdatering dat die ministerie nog ‘n inligtingskommissarisse moet aanstel. Die Nasionale Vergadering moet met die proses help. Die mediagemeenskap in Namibië hou hul asems op vir die opdatering van die regering.